Suid-Afrika se drome van ’n Formule Een-Grand Prix op tuisbodem is nog nie van die baan nie.
Netwerk24 kan onthul dat gesprekke oor die moontlikheid van ’n F1-Grand Prix op die Kyalami-renbaan in Midrand steeds volstoom aan die gang is en dat partye hoopvol is dat ’n ooreenkoms beklink sal word.
Dit is Vrydagoggend deur sowel Christo Kruger, woordvoerder van die Kyalami-renbaan, as Anton Roux, raadslid van die internasionale beheerliggaam vir motorsport (FIA), aan Netwerk24 bevestig.