’n Verwoestende brand het Sondagoggend by die Exotic Animal World-sentrum, voorheen bekend as Butterfly World, in Klapmuts in die Wes-Kaap uitgebreek en die dieresorgsentrum in puin gelê.
Volgens ’n inskrywing op Exotic Animal World se Facebook-blad het die brand ontstaan voordat die sentrum vir die dag oopgemaak het.
’n Werknemer wat vroeg by die werk aangekom het, het die vlamme gesien en die brandweer en nooddienste ontbied.