Met ’n groot glimlag op sy gesig, ’n sterretjie op sy voorkop geplak en ’n duim in die lug het die vyfjarige seun van Manenberg wat op 4 Februarie in die kruisvuur van bendegeweld in die kop gewond is, in ’n foto vanuit die hospitaal gewys dit gaan beter met hom.
Dié kind en ’n 17-jarige seun is daardie Saterdagoggend gewond. Die 17-jarige het aan sy wonde beswyk.
’n Motor met onbekende verdagtes het in Seinestraat stilgehou, verskeie skote in Thamesrylaan afgevuur en toe weggejaag.