Die geskorste Matie Theuns du Toit (20) beplan om hom na die hooggeregshof te wend om sy skorsing tersyde te laat stel.
Netwerk24 verstaan Du Toit bring eersdaags ’n hersieningsaansoek om die uitsprake van die Universiteit Stellenbosch (US) se komitees, waarvolgens hy aan rassisme skuldig bevind is, tersyde te stel.
In ’n videoboodskap, wat aan Netwerk24 verskaf is, sê Du Toit se pa, Rudi, dat die gesin deur ’n senior advokaat geadviseer is dat Du Toit ’n “uitstekende kans op sukses het”.