Van Deneysville en Oranjeville in die Vrystaat, tot so ver as Warrenton in die Noord-Kaap, is mense besig om blyplekke, kuierplekke en vakansieoorde teen dam- en rivieroewers te ontruim.
By die Vaaldam, wat op 116% staan, het mense naby die dam reeds Saterdag begin om huise te ontruim. Veral mense in die Tierkrans-gebied se eiendom is onder water.