Die vakbond Nehawu het Maandag met ’n landwye staking begin ondanks ’n dringende hofbevel om die staking te keer.
Lede van die vakbond, wat gesondheids-, opvoedings- en welsynwerkers insluit, het landwyd begin staak, het Lwazi Nkolonzi, nasionale woordvoerder van Nehawu, aan Netwerk24 gesê.
“Ons werkers is uit in die strate en word deur ons provinsiale en nasionale leiers toegespreek.”