Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se eenheid in Hermanus het Saterdag sy nuwe plaaslik vervaardigde seereddingsboot amptelik in gebruik geneem.
The Legacy is die eerste boot in sy soort wat in Suid-Afrika deur die maatskappy Two Oceans Marine gebou is.
Die boot se bouwerk is deur die Launch a Legacy-geldinsamelingsveldtog gefinansier en wat dit besonders maak, is dat die name van mense wat geld bygedra het vir die bou daarvan op die boot is en deel vorm van die woorde “Rescue 17”.