Die akteur Runaldo Hendricks, wat bekend is vir sy rol as Zappa in die kykNET-reeks Getroud met rugby, is gisteroggend vroeg in ’n motorongeluk dood.
Dit was teen druktyd nie bekend of daar enige insittendes by hom in die bakkie was nie. Rapport verneem dit was ’n vriend se voertuig waarin hy 'n passasier was.
Hendricks (27) se storielyn wat nou uitgesaai word, is onlangs klaar geskiet en hy het besluit om van Pretoria na die Paarl, sy tuisdorp, terug te keer.