’n Petisie is in Mosselbaai begin om die ingang na die landdroshof uit Louis Fourieweg te sluit ná die dood van Nicci da Silva (18).
Verskeie ongelukke het oor die jare daar plaasgevind, sê Peggy Roux, sekretaris van die motorfietsklub Ulysses Garden Route.
Nicci is Woensdagmiddag dood toe haar broer, Ethan (16), die oggend op pad na die Hoërskool Punt skielik in digte mis moes rem trap op sy motorfiets toe ’n voertuig regs na die hofgebou voor hom wou indraai.