Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, vra dat die hele provinsie ingesluit word by die interdikaansoek deur die Kaapstad-metro by die hooggeregshof in Kaapstad om die EFF te dwing om geen wette tydens die #NationalShutdown-betogings Maandag te oortree nie.
Winde sê in hofstukke die EFF se planne is groter as net vir Kaapstad en hy dien die aansoek in sodat die hele provinsie beskerm kan word.
Volgens Winde is daar onder meer dreigemente dat die Hermanus-hawe Maandag gesluit gaan word. Ook dat ondernemings eerder moet sluit, want die EFF-lede wat aan die betogings deelneem, kan dalk honger word en vir hulself kos uit winkels vat.