Van die inwoners van Smithfield sê hulle is erg getraumatiseer en bekommerd oor hul veiligheid nadat die polisie en lede van die gemeenskap, op soek na dwelms en gesteelde koperkabels, mense se huise deursoek het.
Rosemarie Lund (78) sê sy en haar man, Lynden (73), het Vrydagoggend ’n rumoer by die polisiekantoor gehoor. Kort hierna het polisielede en tussen 150 en 200 inwoners by hul huis opgedaag en gesê hulle is op soek na dwelms.
Lund, nog in haar slaapklere, is deur ’n polisielid aangesê om na die stoep te gaan en is toe deur die skare “ondervra” wat die polisie vergesel het.