'n Woeste padwoede-onderonsie het ’n Kaapse vrou met ’n bebloede lip, ’n ontwrigte kakebeen en ’n stukkende tandkroon gelaat.
Leandri Spies is ook die diamant in haar trouring kwyt nadat dit tydens die geveg uitgeval het.
Die motoris wat haar glo geslaan het, Robert Porter, staan in die landdroshof in Simonstad tereg op aanklagte van aanranding. Hy voer aan hy het uit selfverdediging opgetree nadat Spies hom agternagesit en met pepersproei gespuit het.