’n Vlieënier is Woensdag hospitaal toe geneem vir waarneming nadat sy ligte vliegtuig in bosse langs die R43 tussen Gansbaai en Pearly Beach ’n noodlanding moes uitvoer.
Die Overstrand-munisipaliteit het Woensdag by navraag gesê die pad is aanvanklik gesluit, maar later is ’n stop-en- rystelsel ingestel.
Na verneem word behoort die vliegtuig aan ’n vliegopleidingskool in Oudtshoorn. Die skool kon nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.