Mpho Moerane, ANC-koukus-leier en voormalige burgemeester van Johannesburg, se toestand is kritiek ná ’n motorongeluk.
“Kameraad Mpho Moerane is in ’n kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal,” sê Dada Morero, ANC-streeksekretaris.
Morero wou nie meer besonderhede oor die ongeluk verskaf nie.