Gebruikers van die videonetwerk TikTok skerts dat die Stormers se goeie vertonings die laaste paar weke te danke moet wees aan die ram tussen die ooie in die DHL Stormers-dansers se kraal.
Wiaan Laing (32), ’n hiphop-danser en -instrukteur van Stellenbosch, het oor die wêreld heen opslae gemaak met sy danspassies op die maat van Beyoncé se “Single Ladies” tydens verlede week se wedstryd.
Oor dié danser in rugbyklere se aandeel in die Stormers se sukses lag hy net.