Daar is net een dokter vir elke 3 198 pasiënte in Suid-Afrika se openbare gesondheidsektor.
Hierdie skokkende syfer is deur dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, onthul in ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag van Michelle Clarke, DA-LP.
Dit kom neer op 0,31 dokters vir elke 1 000 pasiënte, ’n daling teenoor die 0,79 dokters per 1 000 pasiënte wat in 2019 aangeteken is, sê Clarke in ’n verklaring.