Die amptelike standpunt van die departement van gesondheid is dat die land nog nie in 'n derde vlaag van die Covid-19-pandemie is nie, al het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, dit so in 'n interne brief beskryf.
Mkhize het provinsiale regerings glo in ’n omsendbrief gewaarsku koronavirusgevalle in die land styg skerp, berig News24.
“Vir alle praktiese doeleindes is ons nou in ’n derde vlaag, al strook dit nie met die tegniese definisie daarvan nie.