’n Groep bejaardes wat na Namibië getoer het, is kort voordat hulle sou terugkeer na Kaapstad glo byna almal positief vir die koronavirus getoets.
Uit die toergroep van 40, wat Savanna Toere se reis van Kaapstad na Namibië meegemaak het, is 37 na verneem word positief getoets, van wie ses aan Covid-19 dood is.
Verskeie bronne met wie Netwerk24 gepraat het, het gesê 37 toergroeplede is positief getoets, van wie vier in Windhoek dood is en twee in Suid-Afrika.