“Die feit dat die hoofkantoor van die Vrystaatse gesondheidsdepartement reeds ingeënt is, terwyl die provinsie nie gereed is om sy mense in te ent nie, laat ernstige vrae oor die moraliteit van die regering.”
Prof. Theo Neethling van die departement politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat meen dis onverskoonbaar dat die sake van ’n provinsie met so ’n hoë infeksiekoers soos die Vrystaat nie in orde is nie.
Mense ouer as 60 wat hulle Maandag as deel van fase 2 van die regering se inentingsprogram by geriewe soos die Universitas-hospitaal in Bloemfontein vir hul Covid-19-inenting aangemeld het, is onverrigter sake huis toe.