Die arbeidshof in Gqeberha het Dinsdag ’n tussentydse interdik aan die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement toegestaan teen gesondheidswerkers wat onwettig staak.
Die staking deur hoofsaaklik kliniekwerkers in die Nelson Mandelabaai-metro is nou in sy derde week.
Nomakhosazana Meth, LUR vir gesondheid, het Woensdag by die departement se streekkantoor in Gqeberha met senior amptenare van die departement en verteenwoordigers van vyf vakbonde vergader om oplossings vir die probleme te bespreek.