Die Johannesburg-metro het Vrydag ’n waarskuwing oor cholera uitgereik nadat vier van die vyf gevalle wat onlangs in Suid-Afrika aangemeld is, in dié metro aangeteken is.
“Die gevalle sluit in twee susters wat onlangs na Malawi gereis het vir ’n begrafnis en simptome ontwikkel het met hul terugkeer na Johannesburg,” sê Ennie Makhafola, burgemeesterkomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, in ’n verklaring.
Die derde geval is iemand wat kontak gehad het met die susters en die vierde is ’n man van Alexandra.