Mense van 60 jaar en ouer in die Wes-Kaap wat in die naweek SMS’e gekry het om hulle te laat inent, het Maandagoggend by verskeie inentingspersele byeengekom om hul beskerming teen die Covid-19-virussiekte te kry.
Alhoewel daar nog gesondheidswerkers is wat ingeënt moet word, het fase 2 van die inentingsprogram Maandagoggend omstreeks 11:30 by die Brooklyn Chest-hospitaal in Milnerton begin.