Miljoene kinders is in Suid-Afrika teen masels ingeënt sedert die eerste uitbreking van dié siekte verlede jaar, sê dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid.
“Ons is bly om bekend te maak dat daar sedert die uitbreking van masels tot op hede meer as 4,7 miljoen dosisse teen masels toegedien is,” het Phaahla Sondag gesê.
Hy en Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het op ’n mediakonferensie in Pretoria namens die maatskaplike groepering gepraat in die lig van pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede vroeër vandeesmaand.