Die EFF moet R87 312 aan die Kaapstad-metro betaal ná ’n betoging in November verlede jaar in Brackenfell.
Die landdroshof in Kuilsrivier het dit Vrydag gelas in die saak tussen die metro en die EFF nadat lede van die party, die publiek en die polisie slaags geraak het tydens dié betoging deur lede van die EFF. Die betoging is gehou weens beweringe van rassisme by die Hoërskool Brackenfell.
Vroeër is berig die Brackenfell-poskantoor, voertuie by ’n motorhandelaar en voertuie van die polisie en metropolisie is tydens die betoging beskadig.