Die hooggeregshof in Pretoria het ’n bewaringsbevel toegestaan om bates van miljoene rande te bevries in verband met beweerde korrupsie by Eskom se Kusile-steenkoolkragstasie.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het Maandag in ’n verklaring gesê die bevel is Donderdag aan hulle toegestaan.
Die bevel gee toestemming aan die SOE en die NVG se batebeslagleggingseenheid om verskeie bates te bevries: twee dele van ’n gastehuis in Mbombela, ’n huis in ’n landgoed, vyf motors, ’n gholfkarretjie en ’n vierwielmotorfiets.