’n Pa van Gqeberha wat op aanklagte van kinderpornografie teregstaan, sal Woensdag op nuwe aanklagte in die hof verskyn.
Die 49-jarige pa van drie kinders is Maandag weer in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy borgtogvoorwaardes oortree het.
Die man was op borgtog uit nadat hy in 2016 by sy huis in Lorraine weens die besit, verspreiding en vervaardiging van kinderpornografie in hegtenis geneem is.