So stil soos ’n begrafnisstoet met net die bakkies se enjins wat saggies dreun het boere en inwoners van die Vaalharts-skema Donderdagoggend stadig deur Hartswater gery.
Die somber stilte is met tye onderbreek deur polisiesirenes.
Dit is hoe mense van die omgewing besluit het om protes aan te teken oor die moorde op die Brand-egpaar, Dan (83) en Breggie (73), en hul dogter Elzabie (54).