“Misdadigers intimideer ons nie.”
Dít was die boodskap wat die familie van die Brand-gesin wat Sondag in hul huis aangeval, ontvoer en later elders vermoor is, met hul teenwoordigheid Donderdagoggend in die hof in Hartswater in die Noord-Kaap aan die verdagtes in die saak wou oordra.