’n Jong man (22) van Mpumalanga is Maandag lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy sy 47-jarige pa doodgesteek het omdat hy gevoel het sy pa is ’n struikelblok in die pad van sy droom om ’n musikant te word.
Luidens ’n verklaring van die NVG het Siphamandla Gift Khumalo (22) vroeër in die hooggeregshof in Mbombela skuld beken op die moord op sy sakeman-pa, Bheki Eric Khumalo (47), in Ermelo.
In sy pleit het Siphamandla gesê sy en sy pa se verhouding het versuur omdat sy pa nie sy loopbaankeuse as musikant ondersteun het nie. Sy pa wou hê hy moet ’n loopbaan in ingenieurswese volg.