’n Man het in die landdroshof in Gqeberha verskyn nadat hy die Padongelukfonds (POF) glo uit R1,3 miljoen wou bedrieg.
Bantu Hoho (46) is Dinsdag deur die Valke op aanklag van bedrog aangekeer en op waarskuwing vrygelaat nadat hy in die hof verskyn het, sê kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder.
Hy het glo op 5 Februarie 2017 ’n eis van R1,3 miljoen by die POF ingedien nadat hy en nog ’n motorfietsryer volgens hom in ’n tref-en-trap-ongeluk was, sê Mgolodela.