’n Man wat met twee renosterhorings in sy besit betrap is, het Vrydag in die landdroshof in Mkhondo in Mpumalanga verskyn.
Die 27-jarige Ntsako Prince Letswele is Donderdag naby Mkhondo se sakekern vasgetrek nadat die polisie inligting opgevolg het.
Die polisie sê in ’n verklaring gemeenskapslede het inligting verskaf wat aangedui het dat ’n wit Nissan Qashqai-motor met Gautengse nommerplate op die R534 ry en moontlik renosterhorings vervoer.