Die verhoor van die mans wat op Kersdag by ’n beweerde rassevoorval in Maselspoort betrokke was, is Dinsdag na die streekhof in Bloemfontein oorgeplaas.
Landdros Emily Mothibi het die verhoor van Johan Nell van Brandfort, Jan van der Westhuizen van Bothaville en Kobus Klaassen, ’n sakeman van Bloemfontein, tot 26 April uitgestel wanneer hulle die eerste keer in die streekhof sal verskyn.
’n Handjievol mense, geklee in ANC-hemde, het voor die landdroshof bymekaargekom om teen rassisme te betoog. Hulle het ook die voorste hofbank vol gesit.