Negentien lede van die Atlantis Sekondêre Skool se beheerliggaam is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering gekonkel het met ’n tender van meer as R2,2 miljoen vir ’n busmaatskappy.
Dit volg ná ’n jarelange ondersoek na wanbestuur van die skool se geldsake.
Luidens die klagstaat het ’n afgetrede skoolhoof, onderwysers en ouers wat in die skoolbeheerliggaam gedien het, die busdiens Benjamins se kontrak onregmatig verleng.