Die organisasie Action 4 Freedom se dringende aansoek teen die minister van gesondheid om die bykomende regulasies vir aanmeldbare siektes, soos Covid-19, onwettig te verklaar, word Dinsdag aangehoor.
Action 4 Freedom voer aan dat die minister, dr. Joe Phaahla, die kennisgewing onwettig gepubliseer en nie die gesag het om ’n proses van openbare deelname aan te kondig nie.
Die aansoek is op 14 April by die hooggeregshof in Kaapstad ingedien.