Die regbank is in 2021 en 2022 beproef, onder meer weens die optrede van oudpres. Jacob Zuma en Lindiwe Sisulu, minister van toerisme.
So het hoofregter Raymond Zondo Vrydag gesê in ’n oorsig oor die regbank se prestasie in die 2021’22-boekjaar.
Volgens Zondo spruit die meeste van die aanvalle op regters uit uitsprake wat verband hou met die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping en Zuma.