Vyf jaar nadat die Vrystaatse boervrou, Alison Oates (63), herhaaldelik verkrag, met messe gesteek is en met ’n strykyster gebrand is, is een van haar aanvallers lewenslank tronk toe gestuur.
“Vir my is dit emosioneel, ek voel nog nie om sjampanje te drink nie, dis nie ’n boek wat ek net kan toemaak nie maar ek is dankbaar en verlig,” het Oates, ’n beesboer, ná die verhoor gesê.
Themba Steen Makhubo en nog ’n man het Oates op 4 Oktober 2015 in haar plaashuis buite Harrismith ingewag en geld geëis. Toe sy nie vir hulle geld kon gee nie het hulle haar met ’n strykyster op haar bors gebrand, haar met messe gesteek en om die beurt verkrag.