Die staat het Dinsdag sy openingsvoorleggings op die tweede dag van die korrupsieverhoor van Zandile Gumede, voormalige burgemeester van eThekwini, en haar 21 medebeskuldigdes in die hooggeregshof in Durban afgehandel.
Hazel Siramen, aanklaer, het gesê bankstate wat as bewyse verkry is, toon ’n gedetailleerde vloei van geld van die munisipaliteit na bepaalde rekeninge van diensverskaffers.
Uit al die rekords wat deur dagvaardings verkry is, hou sowat 294 bankstate verband met ongeveer 910 bankrekeninge, sê Siramen.