Net 11 minute se oefening per dag kan genoeg wees om die risiko vir talle siektes, waaronder kanker, te verminder.
Luidens ’n studie deur Brittanje se nasionale gesondheidsdiens (NHS) hoef jy nie te draf of aan sport deel te neem om voordeel uit oefening te trek nie: ’n vinnige stappie sal reeds ’n groot verskil maak.
Universiteite en ander instellings in Brittanje en die VSA het ondersoek ingestel na die uitwerking van minder oefening as die voorgestelde 150 minute per week, berig The Washington Post.