Suid-Afrika is op die rand van ’n ineenstorting te midde van nimmereindigende kragonderbrekings, en ’n totale ineenstorting van die kragnetwerk kan glo tot grootskaalse onluste op die skaal van ’n “burgeroorlog” lei.
So waarsku die New Zealand Herald in ’n berig oor die kragkrisis in Suid-Afrika. Berigte wat ’n donker prentjie oor die land se voortslepende kragprobleme skets, het in verskeie koerante oor die wêreld heen verskyn.
Die New Zealand Herald skryf Westerse ambassades, onder wie Amerika en Australië s’n, het hul burgers in Suid-Afrika aangeraai om “genoeg kos en water vir verskeie dae op te gaar” en op ’n hoë vlak van gereedheid te wees te midde van die voortdurende kragonderbrekings.