’n Vergadering van die adjunkministers van buitelandse sake van Rusland, Turkye, Iran en Sirië wat vandeesweek sou plaasgevind het, is onbepaald uitgestel.
’n Bron in die Turkse departement van buitelandse sake het dit Donderdag aan Reuters bevestig.
Mevlut Cavusoglu, minister van buitelandse sake van Turkye, het verlede week gesê die lande se afgevaardigdes wou in Moskou byeenkom om oor die krisis in Sirië te praat voordat die ministers later na verwagting sou vergader. Die adjunkte sou Donderdag en Vrydag byeenkom.