Die Taliban het Saterdag beveel vroue moet hul gesigte buite hul huis bedek. Terselfdertyd het die Taliban gewaarsku dat die naaste manlike familielid van vroue wat nie gehoor gee nie, in die tronk kan beland.
Dié groep het die verordening van Hibatullah Akhundzada, die Taliban se Opperste Leier, op ’n nuuskonferensie bekend gemaak.
Die meeste vroue in Afganistan bedek hul kop met ’n serp vir geloofredes, maar talle vroue in stedelike gebiede, soos Kaboel, bedek nie hul gesigte nie.