Brian May (75), hoofkitaarspeler van die groep Queen, is Dinsdag tot ridder geslaan deur koning Charles III as erkenning vir sy bydrae tot musiek en liefdadigheid, berig People.
“Geen woorde!” het hy op Instagram gesê by ’n foto van Charles wat met ’n swaard op sy skouer tik.