Reddingswerkers het Maandag nog vier lyke gevind een dag nadat ’n houtseilboot wat migrante na Europa vervoer het, in stormweer buite Suid-Italië op rotse gebreek het.
Dit bring die dodetal op 63 te staan, onder wie minstens 14 kinders.
Daar is egter vrese dat meer as 100 mense dood is, berig BBC.