Haar voorneme om die dra van hoofbedekkings in die openbaar te verbied, “kan tot ’n Franse burgeroorlog lei,” het pres. Emmanuel Macron Woensdag vir Marine Le Pen, sy teenstander in Sondag se finale ronde van die Franse presidentsverkiesing, gewaarsku.
Dit was die tweede keer dat dié twee kandidate mekaar in die tradisionele televisiedebat voor die laaste ronde van ’n Franse presidentsverkiesing takel.