Hoewel daar nog honderde Oekraïense soldate is wat die laaste vesting in Marioepol verdedig, het pres. Wladimir Poetin van Rusland gister ’n oorwinning in die stad verklaar.
Poetin het sy bevelvoerders gelukgewens met die “bevryding” van Marioepol, maar Oekraïne het Rusland gekoggel omdat hy ’n konfrontasie met die oorblywende Oekraïense soldate vermy. Oekraïne meen dit is ’n aanduiding Rusland het nie werklik die troepemag om die Oekraïense weermag te verslaan nie.