Pres. Wladimir Poetin van Rusland het die Amerikaanse akteur Steven Seagal vir sy internasionale humanitêre en kulturele werk vereer.
Luidens ’n dekreet wat Maandag gepubliseer is, is die 70-jarige akteur van aksieflieks soos Under Siege met die Russiese orde van vriendskap vereer.
In die dekreet word die akteur se werk as spesiale Russiese gesant van die departement van humanitêre betrekkinge met Amerika en Japan genoem.