Amerika gaan na verwagting teen Vrydag sy Covid-19-toetsvereistes vir reisigers uit China verslap.
Die Amerikaanse regering het besluit om die vereistes te verslap omdat infeksies, hospitalisasies en sterftes weens die virus in China daal, het twee mense wat vertroud is met die saak, maar nie daaroor in die openbaar kommentaar mag lewer nie, aan The Guardian gesê.
Die land het ook beter inligting versamel oor die vlaag infeksies waaronder China gebuk gegaan het, volgens die bronne.