Die Chinese leier Xi Jinping is Vrydag ’n derde keer as president aangewys te midde van ernstige ekonomiese uitdagings en toenemende spanning tussen China, Amerika en ander lande.
Die bekragtiging van Xi se aanstelling deur die Nasionale Volkskongres (NPC) was ’n uitgemaakte saak vir ’n leier wat potensiële mededingers opsygeskuif en die topgeledere van die regerende Kommunistiese Party met sy eie ondersteuners gevul het sedert sy bewindsoorname in 2012, berig die Associated Press.
Die ondersteuning vir nog ’n termyn van vyf jaar vir die Chinese leier was 2 952 stemme teenoor 0 deur die NPC, waarvan lede deur die regerende party aangestel word.