Die krake begin wys op boer Francois (50) se plaas in Oudtshoorn waar hy die twee vroue wat hy op Boer soek ’n vrou leer ken aan sy familie voorstel.
Waar almal goed oor die weg gekom en gevoel het hulle kry ewe veel aandag, het dinge nou verander.
“Ek kan sién hoe kyk hy vir haar,” sê Lorinda (49), ’n tandartsassistent van Mosselbaai, oor Francois en Vanessa (44), ’n aankoper vir ’n konstruksiemaatskappy in Johannesburg, wat saam op die plaas kuier.