Toe die klein seuntjie vir hom kom sê hy het ’n tand verloor op die rugbyveld en hy het hulp nodig om dit te vind, kon die skoolhoof nie anders as om alle moontlike hulp in te roep om te help soek na dié tand wat by die tandefeetjie moes uitkom nie.
Nkanyi Seroto (7), ’n leerling in gr. 2 aan die Saint Andrew School in Bloemfontein, was twee dae tevore nog baie bekommerd oor ’n tand wat in ’n rugbywedstryd uitgeval het.
“Ons het Maandagmiddag rugbyproewe by die skool gespeel. Een van die ander span se spelers het op my geval en my tand het uitgeval. Ek was baie hartseer en wou dadelik na die tand begin soek, maar ek moes eers die wedstryd klaar speel.”